- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									41
									 
									 
									|Juan 11:41|
									Hulle neem toe die steen weg waar die oorledene lê. En Jesus het sy oë opgeslaan en gesê: Vader, Ek dank U dat U My verhoor het;									
									    
								 
- 
									
									42
									 
									 
									|Juan 11:42|
									en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.									
									    
								 
- 
									
									43
									 
									 
									|Juan 11:43|
									En nadat Hy dit gesê het, het Hy met 'n groot stem geroep: Lasarus, kom uit!									
									    
								 
- 
									
									44
									 
									 
									|Juan 11:44|
									En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met 'n doek. Jesus sê vir hulle: Maak hom los en laat hom gaan.									
									    
								 
- 
									
									45
									 
									 
									|Juan 11:45|
									En baie van die Jode wat na Maria gekom het en aanskouers was van wat Jesus gedoen het, het in Hom geglo.									
									    
								 
- 
									
									46
									 
									 
									|Juan 11:46|
									Maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en hulle vertel wat Jesus gedoen het.									
									    
								 
- 
									
									47
									 
									 
									|Juan 11:47|
									En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad byeengeroep en gesê: Wat sal ons doen? --want hierdie man doen baie tekens.									
									    
								 
- 
									
									48
									 
									 
									|Juan 11:48|
									As ons Hom so laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem.									
									    
								 
- 
									
									49
									 
									 
									|Juan 11:49|
									En een van hulle, Kájafas, wat daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie									
									    
								 
- 
									
									50
									 
									 
									|Juan 11:50|
									en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18