- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Juan 11:21|
									En Martha sê vir Jesus: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Juan 11:22|
									Maar selfs nou weet ek dat alles wat U van God vra, God U sal gee.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Juan 11:23|
									Jesus sê vir haar: Jou broer sal opstaan.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Juan 11:24|
									Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Juan 11:25|
									Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Juan 11:26|
									en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Juan 11:27|
									Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Juan 11:28|
									En nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep Maria, haar suster, stilletjies en sê: Die Meester is hier en Hy roep jou.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Juan 11:29|
									Sy het, toe sy dit hoor, vinnig opgestaan en na Hom toe gegaan.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Juan 11:30|
									En Jesus het nog nie in die dorp gekom nie, maar was op die plek waar Martha Hom tegemoetgegaan het.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18