-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Jeremías 15:11|
Die HERE het gesê: Waarlik, Ek bevry jou ten goede; waarlik, Ek maak dat die vyand jou ootmoedig smeek in tyd van onheil en in tyd van benoudheid.
-
12
|Jeremías 15:12|
Kan 'n mens yster breek, yster uit die noorde, en koper?
-
13
|Jeremías 15:13|
Jou rykdom en jou skatte sal Ek as buit gee, sonder betaling; en dit weens al jou sondes en in jou hele grondgebied.
-
14
|Jeremías 15:14|
En Ek sal jou jou vyande laat dien in 'n land wat jy nie ken nie; want 'n vuur is aangesteek in my toorn, oor julle sal dit brand.
-
15
|Jeremías 15:15|
o HERE, U weet dit; dink aan my en besoek my, en wreek my op my vervolgers. Neem my in u lankmoedigheid nie weg nie. Weet dat ek smaad dra om U ontwil.
-
16
|Jeremías 15:16|
Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare!
-
17
|Jeremías 15:17|
Ek het nie gesit in 'n vergadering van spotters of was nie uitgelate nie; vanweë u hand het ek alleen gesit, want U het my met grimmigheid vervul.
-
18
|Jeremías 15:18|
Waarom is my smart ewigdurend en my wond ongeneeslik? Dit weier om gesond te word. Sou U vir my waarlik wees soos 'n bedrieglike stroom, waters wat nie standhoudend is nie?
-
19
|Jeremías 15:19|
Daarom, so sê die HERE: As jy terugkeer, sal Ek jou laat terugkeer, sal jy voor my aangesig staan; en as jy voortbring wat edel is, en niks onedels nie, sal jy soos my mond wees. Laat húlle na jou terugkeer, maar jy moet nie na hulle terugkeer nie.
-
20
|Jeremías 15:20|
En Ek sal jou 'n onneembare kopermuur vir hierdie volk maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek die HERE.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5