-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Jeremías 51:1|
So sê die HERE: Kyk, Ek wek op teen Babel en teen die inwoners van die Hart van my Teëstanders die gees van 'n verwoester.
-
2
|Jeremías 51:2|
En Ek sal vir Babel wanners stuur wat hom sal uitwan en sy land leegskud; want hulle lê rondom teen hom op die dag van onheil.
-
3
|Jeremías 51:3|
Laat die skutter sy boog span teen hom wat span, en teen die een wat hom in sy pantser verhef; en spaar sy jongmanne nie, tref sy ganse leër met die banvloek!
-
4
|Jeremías 51:4|
So sal daar dan gesneuweldes val in die land van die Chaldeërs en die wat deurboor is, op sy strate.
-
5
|Jeremías 51:5|
Want Israel en Juda is nie in weduweeskap gelaat deur hulle God, deur die HERE van die leërskare nie, al was hulle land vol skuld voor die Heilige van Israel.
-
6
|Jeremías 51:6|
Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die HERE: Hy gee hom sy verdiende loon.
-
7
|Jeremías 51:7|
Babel was in die hand van die HERE 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword.
-
8
|Jeremías 51:8|
Skielik het Babel geval en is verbreek. Huil oor hom; gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word.
-
9
|Jeremías 51:9|
Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat ons trek, elkeen na sy land; want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke.
-
10
|Jeremías 51:10|
Die HERE het ons geregtighede te voorskyn gebring; kom en laat ons in Sion vertel die werk van die HERE onse God!
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 5-8