-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Jeremías 17:11|
'n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy 'n dwaas wees.
-
12
|Jeremías 17:12|
'n Troon van heerlikheid, verhewe van die begin af, is die plek van ons heiligdom.
-
13
|Jeremías 17:13|
o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat.
-
14
|Jeremías 17:14|
Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.
-
15
|Jeremías 17:15|
Daar sê hulle vir my: Waar is die woord van die HERE? Laat dit tog kom!
-
16
|Jeremías 17:16|
Wat my aangaan, ek het my nie onttrek om U as herder te volg nie, en die ongelukkige dag het ek nie begeer nie. U weet dit. Wat uit my lippe uitgegaan het, was voor u aangesig.
-
17
|Jeremías 17:17|
Wees my nie tot 'n verskrikking nie; U is my toevlug in die dag van onheil.
-
18
|Jeremías 17:18|
Laat my vervolgers beskaamd staan, maar laat my nie beskaamd staan nie; laat hulle verskrik wees, maar laat my nie verskrik wees nie. Bring oor hulle die dag van onheil, en verbreek hulle met 'n dubbele verbreking.
-
19
|Jeremías 17:19|
So het die HERE vir my gesê: Gaan staan in die poort van die kinders van die volk, waardeur die konings van Juda ingaan en waardeur hulle uitgaan, ja, al die poorte van Jerusalem;
-
20
|Jeremías 17:20|
en sê vir hulle: Hoor die woord van die HERE, konings van Juda en die hele Juda en al die inwoners van Jerusalem wat deur hierdie poorte ingaan:
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5