-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Jeremías 36:21|
Toe stuur die koning Jehúdi om die rol te gaan haal; en hy het dit gaan haal uit die kamer van Elisáma, die skrywer. En Jehúdi het dit gelees voor die ore van die koning en van al die vorste wat by die koning staan,
-
22
|Jeremías 36:22|
terwyl die koning gesit het in die winterpaleis, in die negende maand, met die brandende vuurpan voor hom.
-
23
|Jeremías 36:23|
En elke keer het hy, as Jehúdi drie of vier kolomme gelees het, dit met die mes van 'n skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die vuurpan was, totdat die hele rol in die vuur op die vuurpan verteer was.
-
24
|Jeremías 36:24|
En hulle was nie verskrik nie en het hulle klere nie geskeur nie--die koning en al sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het;
-
25
|Jeremías 36:25|
alhoewel selfs Élnatan en Delája en Gemárja by die koning daarop aangedring het om die rol nie te verbrand nie; maar hy het na hulle nie geluister nie.
-
26
|Jeremías 36:26|
Toe gee die koning bevel aan Jerágmeël, die seun van die koning, en Serája, die seun van Asriël, en Selémja, die seun van Abdeël, om die skrywer Barug en die profeet Jeremia te vang. Maar die HERE het hulle verberg.
-
27
|Jeremías 36:27|
Toe kom die woord van die HERE tot Jeremia--nadat die koning die rol verbrand het met die woorde wat Barug uit die mond van Jeremia opgeskrywe het--en sê:
-
28
|Jeremías 36:28|
Neem vir jou weer 'n ander rol en skrywe daarop al die vorige woorde wat op die eerste rol was, wat Jójakim, die koning van Juda, verbrand het.
-
29
|Jeremías 36:29|
En aangaande Jójakim, die koning van Juda, moet jy sê: So spreek die HERE: Jy het hierdie rol verbrand met die woorde: Waarom het jy daarop geskrywe en gesê: Die koning van Babel sal sekerlik kom en hierdie land verwoes en mens en dier daar uitroei?
-
30
|Jeremías 36:30|
Daarom, so spreek die HERE aangaande Jójakim, die koning van Juda: Hy sal nooit een hê wat op die troon van Dawid sit nie, en sy lyk sal weggegooi lê, bedags in die hitte en snags in die koue.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5