-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Jeremías 38:21|
Maar as u weier om uit te gaan--dit is die woord wat die HERE my laat sien het:
-
22
|Jeremías 38:22|
Kyk, al die vroue wat in die paleis van die koning van Juda oorgebly het, is uitgelei na die vorste van die koning van Babel, terwyl hulle gesê het: Die manne met wie u vriendskap gehou het, het u verlei en u oorweldig; toe u voete in die modder ingesak het, het hulle agteruitgewyk.
-
23
|Jeremías 38:23|
Hulle sal dan al u vroue en u kinders na die Chaldeërs uitlei; ook sal u self uit hulle hand nie vryraak nie; maar u sal deur die hand van die koning van Babel gevang word, en hierdie stad sal met vuur verbrand word.
-
24
|Jeremías 38:24|
Toe sê Sedekía vir Jeremia: Laat niemand van hierdie woorde weet nie, dat jy nie sterwe nie.
-
25
|Jeremías 38:25|
En as die vorste hoor dat ek met jou gespreek het en by jou kom en aan jou sê: Vertel ons tog wat jy met die koning gespreek het; steek dit nie vir ons weg nie, en ons sal jou nie doodmaak nie; en wat het die koning met jou gespreek? --
-
26
|Jeremías 38:26|
dan moet jy hulle antwoord: Ek het my smeking eerbiedig voor die koning gebring, dat hy my nie moet laat terugbring in die huis van Jónatan, om daar te sterwe nie.
-
27
|Jeremías 38:27|
Toe het al die vorste by Jeremia gekom en hom uitgevra; en hy het aan hulle mededeling gedoen volgens al hierdie woorde wat die koning hom beveel het. Toe het hulle hom met rus gelaat; want die saak het nie bekend geword nie.
-
28
|Jeremías 38:28|
En Jeremia het in die voorhof van bewaking gebly tot op die dag dat Jerusalem ingeneem is. En toe Jerusalem ingeneem is--
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5