-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Jeremías 52:21|
Wat betref die pilare, agttien el was die hoogte van een pilaar, en 'n lyn van twaalf el kon dit omspan; en sy dikte was vier vinger; dit was hol.
-
22
|Jeremías 52:22|
En 'n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van een kapiteel was vyf el, met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met granaatjies.
-
23
|Jeremías 52:23|
En van die granaatjies was ses en negentig sigbaar; al die granaatjies was honderd op die vlegwerk rondom.
-
24
|Jeremías 52:24|
Verder het die owerste van die lyfwag Serája, die hoofpriester, geneem, en Sefánja, die tweede priester, en die drie drumpelwagters.
-
25
|Jeremías 52:25|
En uit die stad het hy geneem een hofdienaar wat oor die krygsmanne aangestel was, en sewe man uit die wat die koning se aangesig gesien het, wat in die stad aanwesig was; en die skrywer van die leërowerste wat die mense van die land vir krygsdiens opgeroep het, en sestig man van die mense van die land wat binne-in die stad aanwesig was.
-
26
|Jeremías 52:26|
En Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, het hulle geneem en hulle na die koning van Babel, na Ribla gebring.
-
27
|Jeremías 52:27|
En die koning van Babel het hulle neergeslaan en hulle gedood in Ribla, in die land Hamat. So is dan Juda uit sy land in ballingskap weggevoer.
-
28
|Jeremías 52:28|
Dit is die mense wat Nebukadrésar in ballingskap weggevoer het: in die sewende jaar, drie duisend drie en twintig Jode;
-
29
|Jeremías 52:29|
in die agttiende jaar van Nebukadrésar, uit Jerusalem agt honderd twee en dertig siele;
-
30
|Jeremías 52:30|
in die drie en twintigste jaar van Nebukadrésar het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, van die Jode sewe honderd vyf en veertig siele in ballingskap weggevoer. Al die siele is vier duisend ses honderd.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5