-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
17
|Jeremías 48:17|
Beklaag hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: Hoe is die sterk staf, die sierlike stok gebreek!
-
18
|Jeremías 48:18|
Kom af uit jou heerlikheid, en sit in die dorsland, o inwoner, dogter van Dibon! Want die verwoester van Moab het teen jou opgetrek, hy het jou forte verwoes.
-
19
|Jeremías 48:19|
Gaan staan op die pad, en kyk uit, o inwoner van Aroër! Vra vir hom wat vlug en vir haar wat ontkom; sê: Wat het gebeur?
-
20
|Jeremías 48:20|
Moab staan beskaamd, want hy is verslae. Huil en skreeu, verkondig dit by die Arnon dat Moab verwoes is!
-
21
|Jeremías 48:21|
Ja, 'n oordeel het gekom oor die land van die gelykte, oor Holon en oor Jahas en oor Mefáät,
-
22
|Jeremías 48:22|
en oor Dibon en oor Nebo en oor Bet-Diblatáim,
-
23
|Jeremías 48:23|
en oor Kirjatáim en oor Bet-Gamul en oor Bet-Meon,
-
24
|Jeremías 48:24|
en oor Kérijot en oor Bosra, ja, oor al die stede van die land Moab, die wat ver en die wat naby is.
-
25
|Jeremías 48:25|
Die horing van Moab is afgekap en sy arm is verbreek, spreek die HERE.
-
26
|Jeremías 48:26|
Maak hom dronk, omdat hy hom groot gehou het teen die HERE, sodat Moab neerslaan in sy uitbraaksel en hy self ook 'n belagging word.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5