-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
35
|Jeremías 51:35|
Laat die inwoners van Sion sê: Die geweld en die verminking wat my aangedoen is, is op Babel! En laat Jerusalem sê: My bloed is op die inwoners van Chaldéa!
-
36
|Jeremías 51:36|
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal sy see droogmaak en sy fontein laat opdroë.
-
37
|Jeremías 51:37|
En Babel sal kliphope word, 'n lêplek van jakkalse, 'n voorwerp van verbasing en bespotting, sonder inwoner.
-
38
|Jeremías 51:38|
Almal saam brul hulle soos jong leeus, brom soos klein leeutjies.
-
39
|Jeremías 51:39|
As hulle verhit is, berei Ek hulle maaltyd en maak hulle dronk, sodat hulle uitgelate word en 'n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie, spreek die HERE.
-
40
|Jeremías 51:40|
Ek sal hulle afbring soos lammers om geslag te word, soos ramme saam met bokke.
-
41
|Jeremías 51:41|
Hoe is Sesag ingeneem en die roem van die hele aarde verower! Hoe het Babel 'n voorwerp van verbasing geword onder die nasies!
-
42
|Jeremías 51:42|
Die see het oor Babel opgerys, deur die gebruis van sy golwe is hy oordek.
-
43
|Jeremías 51:43|
Sy stede het 'n woesteny geword, 'n dor land en 'n wildernis; 'n land waar niemand in woon nie, en waar geen mensekind deurtrek nie.
-
44
|Jeremías 51:44|
En Ek sal besoeking doen oor Bel in Babel en uit sy mond uithaal wat hy verslind het; en geen nasies sal meer na hom toestroom nie. Ook val die muur van Babel.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5