-
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Lucas 15:11|
Hy het ook gesê: 'n Man het twee seuns gehad.
-
12
|Lucas 15:12|
En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.
-
13
|Lucas 15:13|
En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na 'n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.
-
14
|Lucas 15:14|
En toe hy alles deurgebring het, kom daar 'n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.
-
15
|Lucas 15:15|
Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas.
-
16
|Lucas 15:16|
En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.
-
17
|Lucas 15:17|
Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!
-
18
|Lucas 15:18|
Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,
-
19
|Lucas 15:19|
en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.
-
20
|Lucas 15:20|
En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 9-11