-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Lucas 15:21|
En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.
-
22
|Lucas 15:22|
Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.
-
23
|Lucas 15:23|
En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.
-
24
|Lucas 15:24|
Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.
-
25
|Lucas 15:25|
En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange.
-
26
|Lucas 15:26|
En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.
-
27
|Lucas 15:27|
Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.
-
28
|Lucas 15:28|
En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.
-
29
|Lucas 15:29|
Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit 'n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.
-
30
|Lucas 15:30|
Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 9-11