-
-
Afrikaans (1953)
-
-
41
|Lucas 4:41|
En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was.
-
42
|Lucas 4:42|
En toe dit dag geword het, het Hy uitgegaan en na 'n verlate plek vertrek; en die skare het Hom gesoek en by Hom gekom en Hom teëgehou, dat Hy nie van hulle sou weggaan nie.
-
43
|Lucas 4:43|
Maar Hy het vir hulle gesê: Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur.
-
44
|Lucas 4:44|
En Hy het verder in die sinagoges van Galiléa gepreek.
-
1
|Lucas 5:1|
En toe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Gennésaret staan
-
2
|Lucas 5:2|
en sien twee skuite aan die kant van die meer lê; maar die vissers het van hulle af weggegaan en was besig om die nette uit te spoel.
-
3
|Lucas 5:3|
Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om 'n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer.
-
4
|Lucas 5:4|
En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.
-
5
|Lucas 5:5|
En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak.
-
6
|Lucas 5:6|
En toe hulle dit gedoen het, het hulle 'n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16