- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Números 22:11|
									Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek en hulle het die oppervlakte van die land oordek. Kom nou, vervloek hulle vir my; miskien sal ek hulle kan beveg en hulle verdrywe.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Números 22:12|
									Toe sê God vir Bíleam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Números 22:13|
									Toe staan Bíleam die môre op, en hy sê aan die vorste van Balak: Gaan na julle land, want die HERE het geweier om my saam met julle te laat gaan.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Números 22:14|
									En die vorste van Moab het klaargemaak en by Balak gekom en gesê: Bíleam het geweier om saam met ons te gaan.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Números 22:15|
									Daarop stuur Balak nog weer vorste wat meer en aansienliker was as die ander;									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Números 22:16|
									en hulle het by Bíleam gekom en aan hom gesê: So spreek Balak, die seun van Sippor: Laat jou tog nie terughou om na my te kom nie.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Números 22:17|
									Want ek sal jou baie hoog vereer en alles wat jy my sê, sal ek doen; daarom kom tog, vervloek hierdie volk vir my.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Números 22:18|
									Toe antwoord Bíleam en sê aan die dienaars van Balak: Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE my God nie oortree om klein of groot te doen nie.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Números 22:19|
									Nou dan, bly julle tog ook vannag hier, dat ek mag weet wat die HERE verder aan my sal sê.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Números 22:20|
									En God het in die nag na Bíleam gekom en aan hom gesê: As die manne gekom het om jou te roep, staan dan op, gaan met hulle saam; maar net wat Ek jou sê, dit moet jy doen.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15