- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Números 22:21|
									Toe maak Bíleam die môre klaar en saal sy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Números 22:22|
									Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Engel van die HERE het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Números 22:23|
									En die esel het die Engel van die HERE in die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Números 22:24|
									Daarop gaan die Engel van die HERE in 'n hol pad tussen die wingerde staan--'n muur duskant en 'n muur anderkant.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Números 22:25|
									En toe die esel die Engel van die HERE sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook Bíleam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Números 22:26|
									En die Engel van die HERE het weer verder gegaan en bly staan op 'n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Números 22:27|
									Toe die esel die Engel van die HERE sien, gaan sy onder Bíleam lê. Daarop het Bíleam baie kwaad geword en die esel met 'n stok geslaan.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Números 22:28|
									Maar die HERE het die bek van die esel geopen, en sy sê vir Bíleam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het?									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Números 22:29|
									Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net 'n swaard in my hand--dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Números 22:30|
									En die esel sê vir Bíleam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18