- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									5
									 
									 
									|Números 33:5|
									Toe die kinders van Israel van Raämses af opgebreek het, het hulle laer opgeslaan in Sukkot.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Números 33:6|
									En hulle het van Sukkot af opgebreek en laer opgeslaan in Etam wat aan die kant van die woestyn lê.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Números 33:7|
									En hulle het van Etam af opgebreek en weggedraai na Pi-Hágirot wat oos van Baäl-Sefon lê; en hulle het laer opgeslaan voor Migdol.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Números 33:8|
									En hulle het van Pi-Hágirot af opgebreek en dwarsdeur die see gegaan na die woestyn toe; en hulle het drie dagreise ver die woestyn van Etam ingetrek en laer opgeslaan in Mara.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Números 33:9|
									En hulle het van Mara af opgebreek en by Elim gekom; en in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome, en hulle het daar laer opgeslaan.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Números 33:10|
									En hulle het van Elim af opgebreek en laer opgeslaan by die Skelfsee.									
									    
								 
- 
									
									11
									 
									 
									|Números 33:11|
									En hulle het van die Skelfsee af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sin.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Números 33:12|
									En hulle het uit die woestyn Sin opgebreek en laer opgeslaan in Dofka.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Números 33:13|
									En hulle het van Dofka af opgebreek en laer opgeslaan in Alus.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Números 33:14|
									En hulle het van Alus af opgebreek en laer opgeslaan in Ráfidim; maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18