-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
1
|LevÃtico 22:1|
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
-
2
|LevÃtico 22:2|
Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle aan My heilig sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
-
3
|LevÃtico 22:3|
Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.
-
4
|LevÃtico 22:4|
Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of 'n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur 'n lyk onrein is, of van wie 'n saadvloeiing uitgaan,
-
5
|LevÃtico 22:5|
of iemand wat aan enige kruipende ongedierte raak, waardeur hy onrein word, of aan 'n mens, deur wie hy onrein word ten gevolge van watter onreinheid ook al
-
6
|LevÃtico 22:6|
die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees, en hy mag van die heilige gawes nie eet nie tensy dat hy sy liggaam in die water gebad het.
-
7
|LevÃtico 22:7|
Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.
-
8
|LevÃtico 22:8|
Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie onrein word nie. Ek is die HERE.
-
9
|LevÃtico 22:9|
Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig.
-
10
|LevÃtico 22:10|
Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. 'n Bywoner van 'n priester en 'n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21