-
-
Afrikaans (1953) -
-
20
|Atos 14:20|
Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas na Derbe vertrek.
-
21
|Atos 14:21|
En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en 'n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en AntiochÃë,
-
22
|Atos 14:22|
en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
-
23
|Atos 14:23|
En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
-
24
|Atos 14:24|
Toe gaan hulle deur PisÃdië en kom in PamfÃlië;
-
25
|Atos 14:25|
en nadat hulle die woord in Perge verkondig het, het hulle afgegaan na Attálië.
-
26
|Atos 14:26|
En daarvandaan het hulle weggevaar na AntiochÃë, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.
-
27
|Atos 14:27|
En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het, en dat Hy 'n deur van geloof vir die heidene geopen het.
-
28
|Atos 14:28|
En hulle het daar by die dissipels 'n geruime tyd deurgebring.
-
1
|Atos 15:1|
En sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22