-
-
Afrikaans (1953) -
-
12
|Atos 15:12|
En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.
-
13
|Atos 15:13|
En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my!
-
14
|Atos 15:14|
SÃmeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.
-
15
|Atos 15:15|
En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:
-
16
|Atos 15:16|
Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,
-
17
|Atos 15:17|
sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
-
18
|Atos 15:18|
Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.
-
19
|Atos 15:19|
Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,
-
20
|Atos 15:20|
maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed.
-
21
|Atos 15:21|
Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22