-
-
Afrikaans (1953) -
-
32
|Atos 15:32|
En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.
-
33
|Atos 15:33|
En nadat hulle 'n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.
-
34
|Atos 15:34|
Maar Silas het besluit om daar te bly.
-
35
|Atos 15:35|
En Paulus en Bárnabas het in AntiochÃë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.
-
36
|Atos 15:36|
En 'n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.
-
37
|Atos 15:37|
En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem.
-
38
|Atos 15:38|
Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van PamfÃlië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.
-
39
|Atos 15:39|
Daar het toe 'n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil.
-
40
|Atos 15:40|
Maar Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.
-
41
|Atos 15:41|
En hy het SÃrië en CilÃcië deurgegaan en die gemeentes versterk.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22