-
-
Afrikaans (1953) -
-
22
|Atos 15:22|
Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na AntiochÃë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was.
-
23
|Atos 15:23|
En hulle het deur hul bemiddeling dÃt geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in AntiochÃë en SÃrië en CilÃcië: Groete!
-
24
|Atos 15:24|
Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,
-
25
|Atos 15:25|
het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus--
-
26
|Atos 15:26|
manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.
-
27
|Atos 15:27|
Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.
-
28
|Atos 15:28|
Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:
-
29
|Atos 15:29|
dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!
-
30
|Atos 15:30|
So is hulle dan weggestuur en het in AntiochÃë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.
-
31
|Atos 15:31|
En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22