-
-
Afrikaans (1953) -
-
2
|Atos 15:2|
Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog 'n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk.
-
3
|Atos 15:3|
En hulle is deur die gemeente uitgelei en het FenÃcië en SamarÃa deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.
-
4
|Atos 15:4|
En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het.
-
5
|Atos 15:5|
Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.
-
6
|Atos 15:6|
En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.
-
7
|Atos 15:7|
En toe daar 'n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.
-
8
|Atos 15:8|
En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.
-
9
|Atos 15:9|
En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.
-
10
|Atos 15:10|
Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels 'n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?
-
11
|Atos 15:11|
Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22