- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|2 Crónicas 12:1|
									En toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die HERE verlaat, en die hele Israel saam met hom.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|2 Crónicas 12:2|
									Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek--omdat hulle ontrou teenoor die HERE gehandel het--									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|2 Crónicas 12:3|
									met twaalf honderd strydwaens en sestig duisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|2 Crónicas 12:4|
									En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|2 Crónicas 12:5|
									Daarop kom die profeet Semája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die HERE: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|2 Crónicas 12:6|
									Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die HERE is regverdig.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|2 Crónicas 12:7|
									En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|2 Crónicas 12:8|
									Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|2 Crónicas 12:9|
									En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|2 Crónicas 12:10|
									Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18