- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|2 Crónicas 20:1|
									En daarna het die kinders van Moab en die kinders van Ammon, en saam met hulle 'n deel van die Meüniete teen Jósafat gekom om te veg.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|2 Crónicas 20:2|
									Toe hulle kom en aan Jósafat berig bring en sê: Daar kom 'n groot menigte teen u van anderkant die see, van Edom af, en kyk, hulle is al in Háseson-Tamar--dit is Éngedi--									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|2 Crónicas 20:3|
									het Jósafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die HERE te soek, en hy het oor die hele Juda 'n vasdag uitgeroep.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|2 Crónicas 20:4|
									En Juda het byeengekom om van die HERE hulp te soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die HERE te soek.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|2 Crónicas 20:5|
									Toe gaan Jósafat in die vergadering van Juda en Jerusalem staan, in die huis van die HERE, voor die nuwe voorhof;									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|2 Crónicas 20:6|
									en hy sê: HERE, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|2 Crónicas 20:7|
									Het U, onse God, nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit vir altyd aan die nageslag van Abraham, u vriend, gegee nie?									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|2 Crónicas 20:8|
									En hulle het daarin gaan woon en daarin vir U 'n heiligdom tot eer van u Naam gebou, met die gedagte:									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|2 Crónicas 20:9|
									As daar oor ons onheil kom--swaard, straf of pes of hongersnood--sal ons voor hierdie huis en voor u aangesig gaan staan; want u Naam is in hierdie huis; en ons sal U aanroep uit ons benoudheid, dat U kan hoor en verlos.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|2 Crónicas 20:10|
									En hier is nou die kinders van Ammon en Moab en die mense van die gebergte Seïr, onder wie U Israel nie toegestaan het om te trek by hulle koms uit Egipteland nie; want hulle het van hulle weggedraai en hulle nie verdelg nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15