- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|2 Crónicas 17:1|
									En sy seun Jósafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|2 Crónicas 17:2|
									En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|2 Crónicas 17:3|
									En die HERE was met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|2 Crónicas 17:4|
									maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|2 Crónicas 17:5|
									Daarom het die HERE die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|2 Crónicas 17:6|
									En sy hart het moedig geword in die weë van die HERE, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|2 Crónicas 17:7|
									En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Obádja en Sagaría en Netáneël en Migája gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|2 Crónicas 17:8|
									en saam met hulle die Leviete Semája en Netánja en Sebádja en Asahel en Semíramot en Jónatan en Adónia en Tobía en Tob-Adónia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elisáma en Joram.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|2 Crónicas 17:9|
									En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die HERE by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|2 Crónicas 17:10|
									En 'n skrik vir die HERE het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Jósafat oorlog gevoer het nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15