- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|2 Crónicas 14:11|
									En Asa het die HERE sy God aangeroep en gesê: HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; HERE, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|2 Crónicas 14:12|
									En die HERE het die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|2 Crónicas 14:13|
									En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van die HERE en voor sy leër. En hulle het 'n baie groot buit geneem;									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|2 Crónicas 14:14|
									en al die stede rondom Gerar oorweldig; want die skrik vir die HERE was op hulle. En hulle het al die stede geplunder, want daar was 'n groot buit in.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|2 Crónicas 14:15|
									Hulle het ook die tente met die vee oorweldig en kleinvee in menigte en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18