-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|2 Crónicas 24:21|
Daarop smee hulle 'n sameswering teen hom en stenig hom op bevel van die koning in die voorhof van die huis van die HERE.
-
22
|2 Crónicas 24:22|
En koning Joas het nie gedink aan die guns wat sy vader Jójada aan hom bewys het nie en het sy seun vermoor. Maar toe dié sterwe, het hy gesê: Mag die HERE dit sien en rekenskap vorder!
-
23
|2 Crónicas 24:23|
En by die wisseling van die jaar het 'n leër van Aram teen hom opgetrek, en hulle het in Juda en Jerusalem aangekom en al die volksowerstes onder die volk uitgeroei en al hulle buit na die koning van Damaskus gestuur.
-
24
|2 Crónicas 24:24|
Alhoewel die leër van Aram met 'n geringe aantal manne gekom het, het die HERE tog 'n baie groot leër in hulle hand gegee, omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het. En hulle het strafgerigte geoefen teen Joas.
-
25
|2 Crónicas 24:25|
En toe hulle van hom wegtrek--want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat--smee sy dienaars 'n sameswering teen hom vanweë die bloed van die seun van die priester Jójada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.
-
26
|2 Crónicas 24:26|
En dít is hulle wat teen hom saamgesweer het: Sabad, die seun van Símeat, die Ammonitiese, en Jósabad, die seun van Simrit, die Moabitiese.
-
27
|2 Crónicas 24:27|
En sy seuns en die baie godsprake teen hom en die grondvesting van die huis van God--kyk, dit is beskrywe in die Uitleg van die boek van die konings. En sy seun Amásia het in sy plek koning geword.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13