- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|2 Crónicas 25:21|
									Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hulle het mekaar se aangesig gesien, hy en Amásia, die koning van Juda, by Bet-Semes wat aan Juda behoort.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|2 Crónicas 25:22|
									En Juda is voor Israel verslaan, en hulle het gevlug, elkeen na sy tente toe.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|2 Crónicas 25:23|
									En Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Jóahas, by Bet-Semes gevang en hom na Jerusalem gebring en vier honderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|2 Crónicas 25:24|
									En hy het al die goud en die silwer geneem en al die voorwerpe wat in die huis van God by Obed-Edom te vinde was, en die skatte van die huis van die koning en ook die gyselaars, en omgedraai na Samaría toe.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|2 Crónicas 25:25|
									En Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het ná die dood van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, vyftien jaar gelewe.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|2 Crónicas 25:26|
									En die verdere geskiedenis van Amásia, die vroeëre en die latere, kyk, is dit nie beskrywe in die Boek van die konings van Juda en Israel nie?									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|2 Crónicas 25:27|
									En van die tyd af dat Amásia van die HERE afvallig geword het, het hulle 'n sameswering teen hom gesmee in Jerusalem, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aangestuur na Lagis en hom daar gedood.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|2 Crónicas 25:28|
									En hulle het hom op perde vervoer en hom by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18