-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|2 Crónicas 29:21|
En hulle het sewe bulle en sewe ramme en sewe lammers en sewe bokke as 'n sondoffer vir die koningskap en vir die heiligdom en vir Juda gebring; en hy het aan die seuns van Aäron, die priesters, gesê om dit op die altaar van die HERE te offer.
-
22
|2 Crónicas 29:22|
Toe het hulle die beeste geslag, en die priesters het die bloed opgevang en dit teen die altaar uitgegooi, en die ramme geslag en die bloed teen die altaar uitgegooi, en die lammers geslag en die bloed teen die altaar uitgegooi.
-
23
|2 Crónicas 29:23|
Daarna het hulle die sondofferbokke nader gebring voor die koning en die vergadering, en hulle het hul hande daarop gelê.
-
24
|2 Crónicas 29:24|
En die priesters het hulle geslag en die bloed daarvan as sondoffer teen die altaar uitgegooi om versoening te doen vir die hele Israel; want die koning het die brandoffer en die sondoffer vir die hele Israel beveel.
-
25
|2 Crónicas 29:25|
En hy het die Leviete opgestel by die huis van die HERE met simbale, met harpe en siters volgens die gebod van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en van die profeet Natan; want die HERE het dit so beveel deur die diens van sy profete.
-
26
|2 Crónicas 29:26|
En die Leviete het gaan staan met die instrumente van Dawid, en die priesters met die trompette.
-
27
|2 Crónicas 29:27|
En Hiskía het bevel gegee om die brandoffer op die altaar te offer; en net toe die brandoffer begin, het ook die gesang tot eer van die HERE en die trompette begin, en dit onder begeleiding van die instrumente van Dawid, die koning van Israel.
-
28
|2 Crónicas 29:28|
En die hele vergadering het hulle neergebuig, en die gesang het weerklink en die trompette geblaas--dit alles totdat die brandoffer verby was.
-
29
|2 Crónicas 29:29|
En toe hulle klaar was met offer, het die koning en almal wat by hom aanwesig was, gekniel en hulle neergebuig.
-
30
|2 Crónicas 29:30|
Daarop gee koning Jehiskía en die owerstes aan die Leviete bevel om die HERE te prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 5-7