- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|2 Crónicas 1:1|
									En Salomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en die HERE sy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|2 Crónicas 1:2|
									En Salomo het met die hele Israel gespreek, met die owerstes oor duisend en oor honderd en met die regters en met elke vors in die hele Israel, die familiehoofde;									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|2 Crónicas 1:3|
									en hulle het gegaan, Salomo en die hele vergadering saam met hom, na die hoogte wat by Gíbeon is; want daar was die tent van samekoms van God wat Moses, die kneg van die HERE, in die woestyn gemaak het.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|2 Crónicas 1:4|
									Maar Dawid het die ark van God uit Kirjat-Jeárim laat bring na die plek wat Dawid daarvoor ingerig het; want hy het daarvoor 'n tent in Jerusalem opgeslaan.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|2 Crónicas 1:5|
									Ook die koperaltaar wat Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, was daar voor die tabernakel van die HERE; en Salomo en die vergadering het dit besoek.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|2 Crónicas 1:6|
									En Salomo het daar op die koperaltaar wat by die tent van samekoms behoort het, voor die aangesig van die HERE geoffer en daarop duisend brandoffers gebring.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|2 Crónicas 1:7|
									In dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|2 Crónicas 1:8|
									En Salomo het tot God gespreek: U het aan my vader Dawid 'n groot guns bewys en my in sy plek koning gemaak.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|2 Crónicas 1:9|
									HERE God, laat u woord aan my vader Dawid nou bewaarheid word; want U het my koning gemaak oor 'n volk talryk soos die stof van die aarde.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|2 Crónicas 1:10|
									Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit-- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15