-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Ezequiel 17:1|
En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
-
2
|Ezequiel 17:2|
Mensekind, gee 'n raaisel op aan die huis van Israel en dra 'n gelykenis voor
-
3
|Ezequiel 17:3|
en sê: So spreek die Here HERE: Die groot arend met groot vleuels, met lang vlerke, vol vere wat veelkleurig was, het na die Líbanon gekom en die top van die seder weggeneem.
-
4
|Ezequiel 17:4|
Hy het die boonste van sy jong takkies afgepluk en dit na die koopmansland gebring; hy het dit neergesit in die stad van koopmans.
-
5
|Ezequiel 17:5|
Hy het ook van die saad van die land geneem en dit in 'n saailand geplant; hy het dit na baie waters weggeneem, dit as oewergewas geplant.
-
6
|Ezequiel 17:6|
En dit het uitgespruit en 'n breë wingerdstok geword, laag van groei, sodat sy ranke na die arend kon draai en sy wortels onder hóm kon wees. So het dit dan 'n wingerdstok geword, en dit het lote gemaak en lootjies uitgeskiet.
-
7
|Ezequiel 17:7|
En daar was nog 'n groot arend met groot vleuels en baie vere; en kyk, hierdie wingerdstok het sy wortels na hóm toe gebuig en sy ranke na hom toe uitgeskiet uit die beddings waar dit geplant was, dat hy dit sou bevogtig.
-
8
|Ezequiel 17:8|
Dit was in 'n goeie land by baie waters geplant om ranke te maak en vrugte te dra, om 'n pragtige wingerdstok te word.
-
9
|Ezequiel 17:9|
Sê: So spreek die Here HERE: Sal dit voorspoedig wees? Sal hy nie die wortels daarvan uitruk en die vrugte daarvan afsny, sodat dit verdroog, ja, verdroog in al sy uitgespruite blaartjies nie? En dit nie deur 'n magtige arm en baie mense om dit van sy wortels af uit te lig nie.
-
10
|Ezequiel 17:10|
Ja, kyk, dit is geplant--sal dit voorspoedig wees? Sal dit nie heeltemal verdroog as die oostewind hom aanraak, verdroog op die beddings waar dit uitgespruit het nie?
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 5-8