-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Ezequiel 24:1|
En in die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het die woord van HERE tot my gekom en gesê:
-
2
|Ezequiel 24:2|
Mensekind, skrywe vir jou die naam van die dag, van hierdie selfde dag, op. Die koning van Babel het hom hierdie selfde dag op Jerusalem gewerp.
-
3
|Ezequiel 24:3|
En dra aan die wederstrewige huis 'n gelykenis voor en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Sit die pot op, sit dit op, en gooi ook water daarin.
-
4
|Ezequiel 24:4|
Sit sy stukke almal daarin, al die goeie stukke, die boud en die blad; maak dit vol met die beste bene.
-
5
|Ezequiel 24:5|
Neem die beste van die kleinvee, en ook 'n stapel hout daaronder; laat dit sterk opborrel; ook moet die bene daarin kook.
-
6
|Ezequiel 24:6|
Daarom, so sê die Here HERE: Wee die bloedstad, die pot waar roes in is en waarvan die roes nie afgegaan het nie. Haal stuk vir stuk daaruit; geen lot is daaroor gewerp nie.
-
7
|Ezequiel 24:7|
Want die stad se bloed is binne-in hom; op 'n kaal rots het hy dit neergesit; hy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof te bedek nie.
-
8
|Ezequiel 24:8|
Om grimmigheid te verwek, om wraak te neem, het Ek sy bloed op 'n kaal rots neergesit, dat dit nie toegemaak sou word nie.
-
9
|Ezequiel 24:9|
Daarom, so sê die Here HERE: Wee die bloedstad! Ék sal ook die houtstapel groot maak.
-
10
|Ezequiel 24:10|
Dra baie hout aan, steek die vuur aan, maak gaar die vleis en roer die sous en laat die bene braai.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 5-8