-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Ezequiel 31:1|
En in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
-
2
|Ezequiel 31:2|
Mensekind, sê aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy menigte: Na wie lyk jy in jou grootheid?
-
3
|Ezequiel 31:3|
Kyk, Assur was 'n seder op die Líbanon, skoon van takke en 'n skaduryke bos en hoog van groei; en sy top was tussen die wolke.
-
4
|Ezequiel 31:4|
Waters het hom grootgemaak; die watervloed het hom hoog laat groei, wat met sy strome gegaan het rondom die plek waar hy geplant was, en sy watervore uitgestuur het na al die bome van die veld.
-
5
|Ezequiel 31:5|
Daarom het hy hoër gegroei as al die bome van die veld, en het sy takke baie geword en sy takkies lank, weens die groot waters toe hy uitgeskiet het.
-
6
|Ezequiel 31:6|
Al die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke, en al die wilde diere van die veld het onder sy takkies aangeteel, en allerhande groot volke het onder sy skaduwee gaan sit.
-
7
|Ezequiel 31:7|
En hy het skoon geword in sy grootheid, in die lengte van sy takke, omdat sy wortel by groot waters was.
-
8
|Ezequiel 31:8|
Seders het nie naby hom gekom in die tuin van God nie, sipresse was nie soos sy takke nie, en platane het nie gehaal by sy takwerk nie: geen boom in die tuin van God was met hom te vergelyk in sy skoonheid nie.
-
9
|Ezequiel 31:9|
Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke, sodat al die bome van Eden wat in die tuin van God was, hom beny het.
-
10
|Ezequiel 31:10|
Daarom, so het die Here HERE gesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het en hoogmoedig geword het oor sy hoogte,
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 5-8