-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Ezequiel 38:1|
Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
-
2
|Ezequiel 38:2|
Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom
-
3
|Ezequiel 38:3|
en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!
-
4
|Ezequiel 38:4|
En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, 'n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;
-
5
|Ezequiel 38:5|
Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm;
-
6
|Ezequiel 38:6|
Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs--baie volke saam met jou.
-
7
|Ezequiel 38:7|
Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle 'n leidsman.
-
8
|Ezequiel 38:8|
Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy 'n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het--ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.
-
9
|Ezequiel 38:9|
Dan sal jy optrek soos 'n onweer wat aankom, jy sal wees soos 'n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.
-
10
|Ezequiel 38:10|
So sê die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal 'n listige plan beraam
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5