-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Ezequiel 27:1|
Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
-
2
|Ezequiel 27:2|
Maar jy, mensekind, hef 'n klaaglied oor Tirus aan,
-
3
|Ezequiel 27:3|
en sê aan Tirus, wat woon by die ingange van die see, wat handel drywe met die volke na baie kuslande toe: So spreek die Here HERE: o Tirus, jy sê: Ek is volmaak in skoonheid.
-
4
|Ezequiel 27:4|
In die hart van die seë is jou gebied; jou boumeesters het jou skoonheid volkome gemaak.
-
5
|Ezequiel 27:5|
Van sipresse uit Senir het hulle vir jou al die plankwerk gebou; 'n seder uit Líbanon het hulle geneem om op jou 'n mas te maak.
-
6
|Ezequiel 27:6|
Van eikebome uit Basan het hulle jou roeispane gemaak; jou dek het hulle gemaak uit ivoor, ingelê in dennehout uit die kuslande van die Kittiërs.
-
7
|Ezequiel 27:7|
Veelkleurige fyn linne uit Egipte was jou seil, om vir jou as vlag te dien; pers en purper stowwe uit die kuslande van Elísa was jou hutbedekking.
-
8
|Ezequiel 27:8|
Die inwoners van Sidon en Arwad was jou roeiers; jou wyse manne was in jou, o Tirus, hulle was jou stuurmanne.
-
9
|Ezequiel 27:9|
Die oudstes van Gebal en sy wyse manne was in jou om jou lekplekke reg te maak; al die skepe van die see en hulle seevaarders was in jou om jou koopware te verhandel.
-
10
|Ezequiel 27:10|
Perse en Ludiete en Putéërs was in jou leër, jou krygsmanne; skild en helm het hulle in jou opgehang; hulle het aan jou glans gegee.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5