- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Ezequiel 37:1|
									Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Ezequiel 37:2|
									En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het 'n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Ezequiel 37:3|
									Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Ezequiel 37:4|
									Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE!									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Ezequiel 37:5|
									So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Ezequiel 37:6|
									En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en 'n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Ezequiel 37:7|
									Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar 'n geruis, en kyk--'n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Ezequiel 37:8|
									Toe kyk ek en--daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en 'n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Ezequiel 37:9|
									Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Ezequiel 37:10|
									En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan--'n ontsaglike groot leër!									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18