- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Ezequiel 39:1|
									En jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Ezequiel 39:2|
									En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die Noorde en jou laat kom op die berge van Israel.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Ezequiel 39:3|
									Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Ezequiel 39:4|
									Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Ezequiel 39:5|
									Op die oop veld sal jy val; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Ezequiel 39:6|
									En Ek sal 'n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Ezequiel 39:7|
									En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Ezequiel 39:8|
									Kyk, dit kom en gebeur, spreek die Here HERE. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Ezequiel 39:9|
									En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Ezequiel 39:10|
									sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15