-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Ezequiel 40:11|
Verder het hy die wydte van die poort-ingang gemeet: tien el; die lengte van die poort: dertien el.
-
12
|Ezequiel 40:12|
En daar was 'n afskorting voor die sykamers van een el aan die een kant, en 'n afskorting van een el aan die ander kant; en elke kamer was ses el aan die een, en ses el aan die ander kant.
-
13
|Ezequiel 40:13|
Toe het hy die poort gemeet van die dak van die een sykamer af na die dak van die ander toe: die breedte was vyf en twintig el, deur teenoor deur.
-
14
|Ezequiel 40:14|
Ook het hy die deurposte gemaak; sestig el; en die voorhof, al rondom die poort, het gekom tot by die deurposte.
-
15
|Ezequiel 40:15|
En van die voorkant van die ingangspoort af tot by die voorkant van die voorportaal van die binneste poort: vyftig el.
-
16
|Ezequiel 40:16|
En daar was vensters van latwerk in die sykamers ingebou en in hulle deurposte, na binne toe in die poort al rondom; so ook in die voorportale; ja, vensters was al rondom na binne toe, en op die deurposte was palmbome.
-
17
|Ezequiel 40:17|
Verder het hy my in die buitenste voorhof gebring, en kyk, daar was kamers, en rondom die voorhof was 'n plaveisel gemaak; dertig kamers was op die plaveisel.
-
18
|Ezequiel 40:18|
En die plaveisel was aan die sykant van die poorte, ooreenkomstig die lengte van die poorte; dit was die onderste plaveisel.
-
19
|Ezequiel 40:19|
Toe het hy die breedte gemeet van die voorkant van die onderste poort af tot by die buitenste voorkant van die binneste voorhof: honderd el, aan die ooste-- en aan die noordekant.
-
20
|Ezequiel 40:20|
Aangaande die poort wat na die noorde lê, by die buitenste voorhof--hy het sy lengte en sy breedte gemeet.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5