-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
19
|Ezequiel 41:19|
die aangesig van 'n mens na die palmboom toe aan die een, en die aangesig van 'n jong leeu na die palmboom toe aan die ander kant; in die hele huis al rondom is dit aangebring;
-
20
|Ezequiel 41:20|
van die grond af tot bokant die deur is die gérubs en die palmbome aangebring, en wel aan die muur van die hoofvertrek.
-
21
|Ezequiel 41:21|
Die deurposte van die hoofvertrek was vierkantig; en die voorkant van die heiligdom het dieselfde voorkoms gehad.
-
22
|Ezequiel 41:22|
Die altaar was van hout, drie el hoog, en sy lengte twee el, en dit het sy hoekstukke gehad; en sy voetstuk en sy sykante was van hout. En hy het vir my gesê: Dit is die tafel wat voor die aangesig van die HERE is.
-
23
|Ezequiel 41:23|
En die hoofvertrek en die heiligdom het elkeen twee deure gehad.
-
24
|Ezequiel 41:24|
En die deure het twee vleuels gehad, twee vleuels wat kon draai; twee vir die een deur en twee vleuels vir die ander een.
-
25
|Ezequiel 41:25|
En daarop, op die deure van die hoofvertrek, is gérubs en palmbome aangebring soos daar op die mure aangebring is; en daar was 'n afdak van hout vooraan die voorportaal buitekant.
-
26
|Ezequiel 41:26|
En daar was vensters van latwerk en palmbome aan weerskante aan die symure van die voorportaal; en aan die sykamers van die huis en die afdakke.
-
1
|Ezequiel 42:1|
Daarna het hy my uitgebring na die buitenste voorhof op die weg na die noorde toe; en hy het my gebring na die kamers wat teenoor die afgeslote ruimte en wat teenoor die bouwerk teen die noorde lê,
-
2
|Ezequiel 42:2|
oor 'n lengte van honderd el, langs die noordelike ingang, en 'n breedte van vyftig el.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5