- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									26
									 
									 
									|Ezequiel 44:26|
									En ná sy reiniging moet hulle vir hom sewe dae tel.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Ezequiel 44:27|
									En op die dag as hy in die heiligdom ingaan, in die binneste voorhof, om in die heiligdom te dien, moet hy sy sondoffer bring, spreek die Here HERE.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Ezequiel 44:28|
									En dit sal vir hulle 'n erfdeel wees: Ek is hulle erfdeel; en julle mag aan hulle geen besitting in Israel gee nie: Ek is hulle besitting.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Ezequiel 44:29|
									Die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, dié moet hulle eet; en alles wat in Israel onder die ban is, moet vir hulle wees.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Ezequiel 44:30|
									En die beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julle die eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om 'n seën op jou huis te laat rus.									
									    
								 
- 
									
									31
									 
									 
									|Ezequiel 44:31|
									Geen aas of iets wat verskeur is, van voëls of van vee, mag die priesters eet nie.									
									    
								 
- 
									
									1
									 
									 
									|Ezequiel 45:1|
									En as julle die land as erflike besitting verdeel, moet julle 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n heilige plek uit die land; aangaande die lengte: vyf en twintig duisend el die lengte, en die breedte: twintig duisend; dit moet in sy hele omvang rondom heilig wees.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Ezequiel 45:2|
									Hiervan moet vir die heiligdom wees vyf honderd by vyf honderd el, 'n vierkant rondom; en dit moet 'n oop veld hê van vyftig el rondom.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Ezequiel 45:3|
									En van dié stuk wat afgemeet is, moet jy meet 'n lengte van vyf en twintig duisend el, en 'n breedte van tien duisend; en daarin moet die heiligdom, die Allerheiligste, lê.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Ezequiel 45:4|
									Dit moet die heilige plek wees uit die land; dit moet wees vir die priesters wat die heiligdom bedien, wat nader kom om die HERE te dien; en dit moet vir hulle dien as ruimte vir huise en 'n heiligdom vir die heiligdom.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18