- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									3
									 
									 
									|Ezequiel 3:3|
									en vir my gesê: Mensekind, laat jou buik eet, en vul jou ingewande met hierdie rol wat Ek jou gee. En ek het dit geëet, en dit was in my mond soos heuning so soet.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Ezequiel 3:4|
									En Hy het vir my gesê: Mensekind, kom, gaan na die huis van Israel, en spreek hulle aan met my woorde;									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Ezequiel 3:5|
									want jy is nie gestuur na 'n volk wat duister van spraak en swaar van tong is nie, maar na die huis van Israel;									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Ezequiel 3:6|
									nie na baie volke wat duister van spraak en swaar van tong is nie, wie se woorde jy nie kan verstaan nie; as Ek jou tog na hulle gestuur het, het húlle na jou geluister!									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Ezequiel 3:7|
									Maar die huis van Israel sal na jou nie wil luister nie, omdat hulle na My nie wil luister nie; want die hele huis van Israel het 'n harde voorhoof en 'n ongevoelige hart.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Ezequiel 3:8|
									Kyk, Ek maak jou aangesig hard net soos hulle aangesig en jou voorhoof hard net soos hulle voorhoof.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Ezequiel 3:9|
									Jou voorhoof maak Ek hard soos 'n diamant, harder as 'n rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle 'n wederstrewige huis is.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Ezequiel 3:10|
									Verder het Hy vir my gesê: Mensekind, neem al my woorde wat Ek vir jou sal sê, in jou hart op, en hoor hulle met jou ore;									
									    
								 
- 
									
									11
									 
									 
									|Ezequiel 3:11|
									en kom, gaan na die ballinge, na die kinders van jou volk, en spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE--of hulle al luister of nie.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Ezequiel 3:12|
									Toe het die Gees my opgeneem, en ek het agter my die geluid van 'n groot gedreun gehoor wat sê: Geloofd sy die heerlikheid van die HERE uit sy woonplek!									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15