- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									16
									 
									 
									|Ezequiel 4:16|
									Ook het Hy vir my gesê: Mensekind, kyk, Ek verbreek die staf van die brood in Jerusalem, en hulle sal brood by die gewig en met kommer eet en water by die maat en in stomme smart drink;									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Ezequiel 4:17|
									sodat hulle gebrek aan brood en water het, en die een met die ander verstom staan en in hulle ongeregtigheid wegkwyn.									
									    
								 
- 
									
									1
									 
									 
									|Ezequiel 5:1|
									En jy, mensekind, neem vir jou 'n skerp swaard; as skeermes moet jy dit vir jou neem, en laat dit gaan oor jou hoof en oor jou baard; daarna moet jy vir jou 'n weegskaal neem en die hare verdeel:									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Ezequiel 5:2|
									'n derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrand as die dae van die beleëring verby is; dan moet jy 'n derde deel neem en met die swaard stukkend kap rondom die stad, en 'n derde deel moet jy in die wind strooi; en Ek sal 'n swaard agter hulle uittrek.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Ezequiel 5:3|
									Jy moet ook 'n klein bietjie daarvan neem en dit in jou slippe bind;									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Ezequiel 5:4|
									en daarvan moet jy nog weer neem en dit binne-in die vuur gooi en dit met vuur verbrand; daar sal vuur van uitgaan in die hele huis van Israel.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Ezequiel 5:5|
									So sê die Here HERE: Dit is Jerusalem. Ek het dit onder die nasies gestel, en lande is daar rondomheen.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Ezequiel 5:6|
									Maar dit was wederstrewig teen my verordeninge, goddeloser as die nasies, en teen my insettinge meer as die lande daar rondomheen; want hulle het my verordeninge verwerp en in my insettinge nie gewandel nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Ezequiel 5:7|
									Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle opstandiger is as die nasies wat rondom julle is, in my insettinge nie gewandel en my verordeninge nie betrag het nie--selfs na die verordeninge van die nasies wat rondom julle is, nie gehandel het nie;									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Ezequiel 5:8|
									daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, ja, Ek! En Ek sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15