-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Isaías 10:1|
Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe,
-
2
|Isaías 10:2|
om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder.
-
3
|Isaías 10:3|
Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre?
-
4
|Isaías 10:4|
Hulle kan net maar buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
-
5
|Isaías 10:5|
Wee Assur! die roede van my toorn en 'n stok is hy--in hulle hand is my grimmigheid!
-
6
|Isaías 10:6|
Ek sal hom stuur teen 'n roekelose nasie, en Ek sal hom bevel gee teen die volk van my grimmigheid, om buit te maak en roof in te samel en om hulle tot 'n vertrapping te maak soos modder van die strate.
-
7
|Isaías 10:7|
Maar hy bedoel dit nie so nie, en sy hart dink nie so nie; maar om te verdelg, is in sy hart, en om nasies uit te roei, nie min nie.
-
8
|Isaías 10:8|
Want hy sê: Is my vorste nie almal saam konings nie?
-
9
|Isaías 10:9|
Het dit met Kalno nie gegaan soos met Kárkemis, met Hamat soos met Arpad, met Samaría soos met Damaskus nie?
-
10
|Isaías 10:10|
Soos my hand die koninkryke van die afgode bereik het, alhoewel hulle gesnede beelde meer was as dié van Jerusalem en Samaría,
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7