-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
5
|Isaías 31:5|
Soos voëls wat fladder, so sal die HERE van die leërskare Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.
-
6
|Isaías 31:6|
Bekeer julle tot Hom van wie die kinders van Israel diep afgeval het.
-
7
|Isaías 31:7|
Want in dié dag sal hulle elkeen sy silwerafgode en sy goue afgode verwerp, wat julle hande vir julle tot sonde gemaak het.
-
8
|Isaías 31:8|
En Assur sal val deur die swaard, nie van 'n man nie; en die swaard, nie van 'n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word;
-
9
|Isaías 31:9|
en sy rots sal uitmekaar stuif van skrik, en sy vorste sal verskrik die banier verlaat, spreek die HERE, wat 'n vuur het op Sion en 'n oond in Jerusalem.
-
1
|Isaías 32:1|
Kyk, 'n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.
-
2
|Isaías 32:2|
En elkeen sal wees soos 'n toevlug teen die wind en 'n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in 'n dor streek, soos die skaduwee van 'n swaar rots in 'n land wat versmag.
-
3
|Isaías 32:3|
Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;
-
4
|Isaías 32:4|
en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;
-
5
|Isaías 32:5|
die dwaas sal nie meer 'n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13