-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
23
|Isaías 37:23|
Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!
-
24
|Isaías 37:24|
Deur jou dienaars het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die Líbanon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos 'n tuin.
-
25
|Isaías 37:25|
Ék het gegrawe en water gedrink en laat met die sool van my voete al die strome van Egipte opdroog.
-
26
|Isaías 37:26|
Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit berei, van die dae van die voortyd af dit beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede tot puinhope kom verwoes.
-
27
|Isaías 37:27|
En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras van die dakke en 'n koringland voordat dit are skiet.
-
28
|Isaías 37:28|
Maar Ek ken jou sit en jou uitgang en jou ingang en hoe jy teen My raas.
-
29
|Isaías 37:29|
Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.
-
30
|Isaías 37:30|
En dit sal vir jou die teken wees: Eet hierdie jaar wat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom; maar in die derde jaar--saai en oes, en plant wingerde en eet die vrugte daarvan.
-
31
|Isaías 37:31|
Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe.
-
32
|Isaías 37:32|
Want uit Jerusalem sal 'n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13