-
-
Afrikaans (1953) -
-
1
|2 Reis 10:1|
En Agab het sewentig seuns gehad in SamarÃa. Toe skryf Jehu 'n brief, en hy stuur dit na SamarÃa aan die owerstes van JÃsreël, die oudstes, en aan die opvoeders van die seuns van Agab, en sê:
-
2
|2 Reis 10:2|
As hierdie brief dan nou by julle kom, terwyl die seuns van jul heer by julle is, en die strydwaens en die perde by julle is, en 'n versterkte stad en wapens,
-
3
|2 Reis 10:3|
kyk dan uit na die beste en betroubaarste van die seuns van julle heer, en sit hom op die troon van sy vader en veg vir die huis van julle heer.
-
4
|2 Reis 10:4|
Maar hulle het vreeslik bang geword en gesê: Kyk, twee konings het nie voor hom standgehou nie; hoe sou ons dan kan standhou?
-
5
|2 Reis 10:5|
Toe laat die owerste oor die paleis en die owerste oor die stad en die oudstes en die opvoeders aan Jehu dÃt weet: Ons is u dienaars, en alles wat u ons beveel, sal ons doen; ons sal niemand koning maak nie; doen wat goed is in u oë.
-
6
|2 Reis 10:6|
Daarop het hy vir die tweede maal 'n brief aan hulle geskrywe en gesê: As julle vir my is en my gehoorsaam wil wees, neem dan die hoofde van die manne, die seuns van julle heer, en kom môre omtrent sulke tyd na my in JÃsreël; want die seuns van die koning, sewentig man, was by die grotes van die stad wat hulle grootgemaak het.
-
7
|2 Reis 10:7|
En toe die brief by hulle kom, het hulle die seuns van die koning geneem en hulle gedood, sewentig man, en hulle hoofde in mandjies gesit en aan hom na JÃsreël gestuur.
-
8
|2 Reis 10:8|
En toe die boodskapper kom en hom berig bring en sê: Hulle het die hoofde van die koning se seuns gebring, sê hy: Sit hulle in twee hope neer by die ingang van die poort tot môre toe.
-
9
|2 Reis 10:9|
En in die môre het hy uitgegaan en gaan staan en aan die hele volk gesê: Julle is onskuldig. Kyk, ék het 'n sameswering gesmee teen my heer en hom vermoor, maar wie het al hierdie manne doodgeslaan?
-
10
|2 Reis 10:10|
Erken dan dat niks onvervuld bly van die woord van die HERE wat die HERE gespreek het teen die huis van Agab nie--die HERE het gedoen wat Hy deur die diens van sy kneg ElÃa gespreek het.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21