-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
8
|2 Crónicas 24:8|
Op bevel van die koning maak hulle toe 'n kis en sit dit buitekant by die poort van die huis van die HERE neer.
-
9
|2 Crónicas 24:9|
En hulle het uitgeroep in Juda en in Jerusalem om aan die HERE die belasting wat Moses, die kneg van God, op Israel in die woestyn gelê het, te bring.
-
10
|2 Crónicas 24:10|
Toe was al die owerstes en die hele volk bly, en hulle het dit ingebring en in die kis gegooi totdat hulle klaar was.
-
11
|2 Crónicas 24:11|
En elke keer as hulle die kis deur die diens van die Leviete by die wag van die koning bring en hulle sien dat die geld baie is, kom die skrywer van die koning en die opsigter van die hoofpriester en hulle maak die kis leeg en bring dit weer na sy plek terug; so het hulle van dag tot dag gedoen en geld in menigte versamel.
-
12
|2 Crónicas 24:12|
En die koning en Jójada het dit aan die uitvoerders van die werk aan die huis van die HERE gegee, en dié het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van die HERE te herstel, en ook yster-- en kopersmede om die huis van die HERE te verbeter.
-
13
|2 Crónicas 24:13|
En die uitvoerders van die werk was ywerig besig, sodat die herstellingswerk deur hulle hand gevorder het, en hulle het die huis van God herstel volgens sy oorspronklike bouplan en dit reggemaak.
-
14
|2 Crónicas 24:14|
En toe hulle klaar was, het hulle die orige geld voor die koning en Jójada gebring, en hy het daarvan gereedskap laat maak vir die huis van die HERE, diens-- en offergereedskap en rookpanne en goue en silwervoorwerpe; en hulle was gedurigdeur besig om brandoffers te bring in die huis van die HERE al die dae van Jójada.
-
15
|2 Crónicas 24:15|
En Jójada het oud geword en was afgeleef en het gesterwe; hy was honderd en dertig jaar oud toe hy gesterf het.
-
16
|2 Crónicas 24:16|
En hy is begrawe in die stad van Dawid by die konings; want hy het goed gedoen in Israel teenoor God sowel as teenoor sy huis.
-
17
|2 Crónicas 24:17|
Maar ná die dood van Jójada kom die owerstes van Juda en buig hulle voor die koning neer. Toe het die koning na hulle geluister,
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16