-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
3
|2 Crónicas 26:3|
Sestien jaar was Ussía oud toe hy koning geword het, en hy het twee en vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jególja, van Jerusalem.
-
4
|2 Crónicas 26:4|
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Amásia gedoen het.
-
5
|2 Crónicas 26:5|
En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat hy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.
-
6
|2 Crónicas 26:6|
En hy het uitgetrek en teen die Filistyne geveg en die muur van Gat en die muur van Jabne en die muur van Asdod afgebreek, en stede gebou by Asdod en onder die Filistyne.
-
7
|2 Crónicas 26:7|
En God het hom gehelp teen die Filistyne en teen die Arabiere wat in Gur-Baäl gewoon het, en teen die Meüniete.
-
8
|2 Crónicas 26:8|
Ook die Ammoniete het aan Ussía belasting betaal; en sy roem is verbrei tot by die ingang na Egipte, want hy was uitermate magtig.
-
9
|2 Crónicas 26:9|
Verder het Ussía torings gebou in Jerusalem by die Hoekpoort en by die Dalpoort en by die Winkelhaak, en hy het hulle versterk.
-
10
|2 Crónicas 26:10|
Hy het ook in die woestyn torings gebou en baie putte uitgekap; want hy het baie vee gehad, in die Laeveld sowel as in die Gelykveld, landbouers en wynboere op die berge en in die tuingronde, want hy was 'n liefhebber van die landbou.
-
11
|2 Crónicas 26:11|
Verder het Ussía 'n leër gehad wat oorlog kon voer, wat in afdelings op kommando moes uittrek volgens die getal van hulle monstering deur Jeï-el, die skrywer, en Maäséja, die opsigter, onder leiding van Hanánja, een van die owerstes van die koning.
-
12
|2 Crónicas 26:12|
Die hele getal van die familiehoofde, van die dapper helde, was twee duisend ses honderd.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13