- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Ezequiel 22:1|
									Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Ezequiel 22:2|
									En jy, mensekind, wil jy oordeel, wil jy oordeel die bloedstad? Maak hom dan al sy gruwels bekend									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Ezequiel 22:3|
									en sê: So spreek die Here HERE: Stad wat daarbinne bloed vergiet, dat sy tyd kan kom, en drekgode teen homself maak, om hom te verontreinig!									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Ezequiel 22:4|
									Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword; en deur jou drekgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; en jy het jou dae verhaas en tot by jou jare gekom. Daarom maak Ek jou tot 'n smaad vir die nasies en 'n spot vir al die lande.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Ezequiel 22:5|
									Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, vol van rumoer!									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Ezequiel 22:6|
									Kyk, die vorste van Israel was in jou, elkeen na sy krag, om bloed te vergiet.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Ezequiel 22:7|
									Hulle het vader en moeder in jou verag, die vreemdeling in jou met geweld behandel, wees en weduwee in jou verdruk.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Ezequiel 22:8|
									My heilige dinge het jy geminag en my sabbatte ontheilig.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Ezequiel 22:9|
									Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Ezequiel 22:10|
									Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15