- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Ezequiel 22:21|
									Ja, Ek sal julle versamel en met die vuur van my grimmigheid teen julle blaas, dat julle dáárin gesmelt kan word.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Ezequiel 22:22|
									Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle dáárin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, die HERE, my grimmigheid oor julle uitgegiet het.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Ezequiel 22:23|
									Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Ezequiel 22:24|
									Mensekind, sê vir hom: Jy is 'n land wat nie gereinig is nie, wat nie reën gekry het in die dag van grimmigheid nie.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Ezequiel 22:25|
									'n Sameswering van sy profete is in hom, soos 'n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte en kosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Ezequiel 22:26|
									Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Ezequiel 22:27|
									Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Ezequiel 22:28|
									En sy profete pleister vir hulle met los kalk deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So sê die Here HERE--terwyl die HERE nie gespreek het nie.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Ezequiel 22:29|
									Die mense van die land pleeg geweld en eien hulle geroofde goed toe; ook verdruk hulle die ellendige en behoeftige, en teenoor die vreemdeling pleeg hulle geweld sonder reg.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Ezequiel 22:30|
									En Ek het onder hulle 'n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18